|
Read Ebook: Strife and Peace by Bremer Fredrika Howitt Mary Mary Botham Translator
Font size: Background color: Text color: Add to tbrJar First Page Next Page Prev PageEbook has 812 lines and 61785 words, and 17 pagesDie maan maak daar 'n glimlig op sij wang, Wat in die skemer lijk als nat betraan; Hij peins oor jonggestorwe hoop, die waan Van volkwees, peins oor volkswee en oor dwang. Voor sij gesig daar strek die doderijk, Waar al sij tijd- en strijdgenote rus, En aandwind saggies oor die slapers strijk. Wit-deinsrig skijn die maan oor stene alom.... En grillig die verlede wat daar kijk Op 'n gewese Afrikanerdom. TWEE EN EEN. Voor die ,,ek" nog bestaat Word gesug en gesorg, Verwagting met vreug word ontvange in wee; Wat al is, word vir hoop In die toekoms geborg, Want die lewe is een, en die wil is vir twee. Lippies so lokkend En blosse so sag, Verleilik die ogies nou, dan weer verlee; Dis nog skaars in die lewe, Nog skaars uit die nag-- Maar die lewe is een, en die wil is vir twee. Naar die kerk gaat dit hijgend En wiegend en swaar, Teen die boesem verlep moet die bijbeltjie leen; Met vuur word gebid En gevlei--Ja dis waar, Die lus is vir meer, maar die lewe's net een. TER GEDAGTENIS VAN IMMELMANN. Is Icarus gevalle, waarom huil die wind so sag? Waarom strooi die meerminkore perels neer? Hoor jij nie daar's geen gelispel, net 'n droewe golweslag En die nautilus pluik nou g'n purper meer. Is Icarus gevalle in die vreemde, ver van huis, Waar ons eie bulte nooit sij graf sal merk, Maar in beddings van korale waar die skulpe ewig ruis, Sij hoof geskraag op 'n gewrakte vlerk? Is Icarus gevalle? Ja, hij kon 'n la? swerk Nooit vir sij ho? moed genoegsaam vind, En stijgend steeds van kreits tot kreits met kloek gespanne vlerk Trotseer hij altijd wakker weer en wind, Tot sfere waar die vrijheids son sij strale nijdig hef Met wimpers in die weste rooi omkrans, Toe word meteens sij wieke met Apol s'n pijl getref, Virseker was die val met sterreglans. Ja, Icarus gevalle! maar hij wou g'n slaaf meer leef, Net wie nooit wil stijg kan moeilik immer val, Strooi blomme oor die water, laat die maagde kransies weef, Wijl die water droewig weeklaag teen die wal. Ja, Icarus gevalle! Maar solang die winde suis, Solang die seeskulp fluister van die see, Sal vertel word van die ridder wat gevel is ver van huis, Vir vrijheid en vir glorie, lang gelee! VIRGO RUSTICA. Twee o? vol lus vir die lewe, 'n Gesig wat van geesvlugheid spreek; Vol geesdrif en lig, wat daar bewe, Die bekoorlikste skaduwees week; 'n Lag soos die beek, wat daar kabbel, Soos klippies in diep kuile val, En 'n stem soos die watergemurmel, Soos golfies aan wal. Als die welle in sirkels uitrimpel, Geheimsinnig die kuile deurwaar, En die lelie al wiegend self dimpel, Met laggies haar weerskijn aanstaar; Waar die waterriet suiselend fluister, Haar geheim teen die nagwind belij; Soos 'n vreemde geluid in die duister Onverstaanbaar is sij. MADONNA-DIENS. Dit is 'n nag, die opstandig van drome, En ons ontwaak uit slaap, wat ons rede noem, En agter uit die skemer, uit die some, Waar Digting Waarheid raak, kom opgedoem Diana van die jag; die Mingodin, Godinne vroeg aanbid; Want Liefd' moes lewe gee, die jag dit win: Offers en kranse wit Het altijd die altare van die twee getooi, Geskenk van Jeugd wat sug naar roem, Of skugter nooi. Die vrouwlikheid trek ons virewig aan.-- Die Dondergod en Mars moes altwee swig, Al het die Prins van Vrede vir ons voldaan, Te luister was sij lig: Madonna moes vereer word, Moedermaagd, Haar slape moes bekrans met die kleurkring van die maan, En deur die glorie van 'n grote God versaagd Soek mens wat menslik is en bid Haar aan, Bepeins haar pijn, haar wereldgrote smart En weedom vir haar wig, Haar moederhart. Die Eeuw is haastig, Liefste, maak gebaar En in ons tijd van rede en ongeloof, Verdeelde doele en twijfel, val 'n skaar Van vrae ons aan en wil ons rus beroof. Die lug is swoel daarbuite, swijgend swaar Van stroperige walm uit blommekelk, Die kriek sing lente en die padde-skaar Weergalm en swijg, die meibos, wit soos melk Skijn in die maanlig wat in strome rus Op die lente wat daar lok. Soos hare van 'n vrouw wat saggies sus En sing, haar kroos omkrans, So druip die wilkertakkies loom en slank en glans Soos silwergaas of elwerok En rus. IN DIE PARK. Jij s? ek's mal omdat ek dag na dag Hier in die park allenig sit. Ou maat, Strij help nou niks, ek sien dit in jouw o?, En in die o? van die kindertjies, Wat bang-meelijdend naar mij kijk en dan Weer agter rok van Ma of meid induik. Asjoublieftog, neef, wag net 'n beetjie, hoor. Vir da? sit ek hier alleen en lag, En tel die groewe wat al dieper snij In mij gesig, soos in 'n pad waar waans Met sware vragte spore agter laat; Nou moet ek praat en jij moet luister, neef, Moet help die vragte biekie ligter maak Of ek gaan vasval. Dis reg, luister nou. Kijk daardie grasvlek, waar die kinders speel En waar die gieter sprei; kijk die kwikkie daar, Kom nader tot die waterstroom hom rol Oor die kweek, dan kom hij weer, en nou Sit hij sij bors en krap. Uit die vijwerkom Spuit slank 'n waterstraal omhoog en sprei In duisend perelsnoere, soos 'n maagd Wat trag haar liggaam met haar haar te dek. Hoor hoe die water lag, net soos 'n vrouw Wat haar kindjie opgooi en weer veilig vang; Kijk die blommemure hier, en daar, en daar, Soos strome louter goud en westergloor Waaruit die bij-gesoem mij rede sus, en die heuningbek Bewegingloos al oor die blomme tril, , Of blink en groen van bed tot bedding straal. Kijk die kinders, man, verstaan jij wat ek meen? Verstaan jij dat ons almaal, iedereen, 'n Engel het, moet h?, wat ons bewaar? Hoe sal ek jou tog maak verstaan? Let op! Saands in mij bed steek ek 'n sigaret Aan, elke nag, voor ek die lig uitdraai; En onder bij mij voete, teen die muur Hang daar 'n prent van Echo, dit wil s? 'n Prent van 'n beeld van Echo, slank en wit, Wat wag en wag en luister, ewig wag; Virewig en verniet. Dan glim die kool Van mij si'gret in die prent, en ek denk so: ,,Narcissus kom tog nooit, sal nimmer kom; ,,Maar al sal Echo nooit haar minnaar sien, ,,Haar tweeling suster Weerlig sal sij kus ,,En die refleksie van 'n vonk omhels; ,,Want Weerlig moet vir Weerklank troos, of ek ,,Word gek, die spanning is te groot, net soos ,,Die blomme teen die muur 'n siekmens pla." Nou, so het ek en jij en iedereen 'n Engel wat ons wandel gadeslaan; Ek hoor sij wiekgeruis in kinderlag En sien sij vleu'els blits in manestraal, En in die lag van maagde, en sij stem In water wat so sag teen walle klots. Toe ek nog klein was het mij moeder steeds, Als sij mij naar mij bed bring en laat bid, Vertel van hierdie wagter, dus geen vrees. En deur mij jeugd in lig of duisternis Het ek geen trouwer metgesel gehad 'n Wese wat oor siel en liggaam heers, 'n Afgesant van God. En toe een aand, Ek sien dit nog, die kerk was stapelvol, En hel het lugterkroon en lamp gestraal, En orgel-tone triomf uitbasuin. Die predikant was glad van wang en stem, --Ek sien die lig nog op sij voorhoof glim-- En wijl toehoorders weeldrig sit en gril, Het hij van voorbestemming sag vertel, In periode ruim en afgerond. Die wee, mij God, ek voel dit nog, die wee Waarmee ek daardie kerkgebouw verlaat het; Dit het soos vure oor mij siel geskroei, Soos wurme in mij murg geboor, mij brein Laat brand soos koors. Waarom, dag ek, waarom Die mensdom selfbewus gemaak, gebied 'n Ewig voortbestaan, totdat hij lus En toe, net soos 'n kind 'n hondjie terg, Dit weggeruk? Die glorie, adel, prag, Die wilde skoonheid van ons groot heelal, Wat soos 'n riet mij hele siel laat tril, Als die grootse harmonie daaroor gaat ruis, Gaat alles swanger aan verderf en hel; Wijl Hij, die maker, homself Liefde noem! ,,En daar ek so 'n God nie kan bemin, ,,Is ek verdoemd," hoor ek ingewing s?; Van toe af het 'k mij engel meer bemin Dan moeder ooit haar ??n gebreklik kind. Ek sien die weedom op sij voorhoof rus Soos donderwolke op die bergekam, Waaruit sij oog met dowwe meelij blits; Ek sien sij wieke druip soos ridderpluim Van sla? slap en hooploos strij? moeg. Verbeel jou, man, dis voorbestem en voor Die grondlegging der wereld al besluit Dat ek verdoemd is, hij oor mij moet waak; Wat hij ooit doen mog, of ek ooit verrig, Die skrif staat vas en pal. Verstaan? Ek sien Die skaar van Engelwagters wat ons hoed, Ons, van wie die merendeel verdoemd is, Want s? die skrif nie so? Mij Engel nou Moet mij bemin, en altijd sien en sorg, Daar hij 'n ruimer siel het, dieper voel Die wanhoop van sij taak. Als storme dreig sien jij die vooltjies skuil En hoor hul swijg, die aandblom sluit homself En snare kan gelijke snare roer: Die weedom van mij Engel rus op mij En maak die groewe dieper; maar als ek weer Gaan denk aan sij meelije, trouwe sorg, Hoor ek sij vleuels ritsel in die gras, Sij wieke-slae pols dan in mij oor, Sij wondre liefde maak mij siel dan week. Dis dan wat ek hier sit en lag en sien Hoe dat die kinders stoei, die meide slaap En sonlig dartel met die druppels speel; Dis alles suiwer weelde, alles vol Met die liefde van mij Engel. Die mense s? Ek's gek, kranksinnig, of in kindertaal, Mij varkies uit die hok. Nog als student Het ek geleer van Plato en sij grot En hoe die skaduwlanders sieners terg; Nou, ek sien Engle, voel hul weedom, weet Dat dit om ons is wat hul treur. Weet jij Of wat jij sien die son is? Dankie neef, Die bitterheid des doods het nou gewijk, Ek sal weer kijk hoedat die kwikkies rol, En heuningbekkies blits van blom tot blom En bommelbije deur die beddings gons Totdat die nag dit alles immer dek. En als ik kom te sterwe, Lief, Sing dan g'n klaaglied nie, Plant dan g'n rose op mij graf Of koel cypresse nie. Laat net die groen gras b? mij wees, Die reen en die moredouw, En als jij wil, vergeet mij En als jij wil, onthou. Want skaduws sal 'k nie sien of voel, Hoedat die water week, Nie hoor hoedat die vooltjies sing Alsof hul harte breek, Maar ik sal altijd drome droom In die skemer daar, wie weet, Misskien sal ik daar nog onthou, Misskien sal ik vergeet. RIT-RIJMPIE. Die koe?ls die blits, dat die klippe so brand-- Hoera vir die reuk van 'n roer!-- Maar die tien en Jan Pieterse hou daardie nek, Help bewaar ou Transvaal vir die Boer! ,,'n Uur nog, net ene"--'n uur van die hel!-- ,,Als ons maar die nek kan hou, Dan is ons kommando die drif veilig deur!" En hij bid sonder handegevouw! Wild en wijd, wild en wijd, Gee die perde maar teuel en spoor; Jij hoor net daaronder die hoewegedonder, En hierbo fluit die koe?ls langs jouw oor. Daar hinnik 'n liddiet, rijperd van die Dood Blits hemel en aarde dooreen; Die stof wijk--die mense 's die drif veilig deur-- Bij Jan Pieterse leef nog net een. ,,Ons trap!" kommandeer hij. Wild en wijd Gee hul perde maar teuel en spoor; Hij hoor net daaronder die hoewegedonder En 'n skreeuw--hij 's allenig nou oor. Trug nou, trug deur die vlaag van lood, Sij maat kan hij daar niet laat blij! Al om hom daar gons dit die lied van die dood, Waar sij sikkel al snerpende snij. Met die wonde man dwars oor sij saalboom geleg Gaat hij stadig en stappende heen, Geen teken van haas, hij rij peinsende voort Op 'n stap deur die koe?l-gereen. ,,Laat staan, hij's 'n held--,Three cheers' vir die Boer!" S? die Engelsman, hees in die keel. Die bulte weerklink met vier harde hoera's, En die lug word met helmette geel! Jan Pieterse draai hom sij vijande toe En wuif hulle dank met sij hoed; Al stappend verdwijn hij op die horison daar In 'n raam van die westergloed. So hoera, vir die klank van stiebeuel en spoor En hoera, vir die reuk van 'n roer! God behoede ons veld van die vreemde geweld En bewaar ons ou land vir die Boer. DIE BLOMME. Dis blomme langs die paadjies En blomme bij die wal, Dis blomme net waar ek kan kijk, Dis bontheid oweral. Die rooies wenk die luidste, Viooltjies knik gedwee, Die wind ontlok die soetste geur En wieg die blommesee. En waarom wenk die blomme so, En waarom sprei hul geure wijd? Die bij kom oor die tuin gesoem, Hij suig hul heuning uit. Dit ritsel langs die gange, Dit trippel oor die pad. Nou waarom was die sij gespin, Die kant en 'k weet nie wat? Die o? kijk brutaal uit En anders luik gedwee-- Cupido sweef van blom tot blom En breng sij pijle mee. Add to tbrJar First Page Next Page Prev Page |
Terms of Use Stock Market News! © gutenberg.org.in2025 All Rights reserved.