|
Read Ebook: Digters uit Suid-Afrika Bloemlesing uit die poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging by Celliers Jan F E Jan Fran Ois Elias Leipoldt C Louis Christiaan Louis Malherbe Daniel Fran Ois Totius Pienaar E C Eduard Christiaan Editor
Font size: Background color: Text color: Add to tbrJar First Page Next Page Prev PageEbook has 759 lines and 29023 words, and 16 pagesDIE VLAKTE. Ek slaap in die rus van die eeue gesus, ongesien, ongehoord, en dof en loom in my sonnedroom, ongewek, ongestoord. Tot die yl-bloue bande van die ver-verre rande skuif my breedte uit, wyd-kringend aan die puur al-omwelwend asuur wat my swyend omsluit. Jong aarde se stoot het my boesem ontbloot bo die diep van die meer; en volswanger van lewe 't oor waat're geswewe die gees van die Heer. Uit die woelende nag van haar jeugdige krag brag die aarde voort Lewi?tans-geslagte, geweldig van kragte-- storm-ontruk aan haar skoot. Diep in my gesteente berg ek hul gebeente-- die geheim van hul lewe en lot; maar gewek uit die sode herleef uit die dode, na die ewig hernuwingsgebod, die stof van d' verlede in vorme van d' hede, in eindeloos kome en gaan; wat die dood my vertrou 't, ek bewaar dit as goud, en geen grein sal 'k verlore laat gaan. As die son oor my vloer in die m?re kom loer en die dou van my lippe kus, dan kyk ek net stom met 'n glimlag om en l? maar weer stil in my rus. Hoog bowe die kim op sy troon geklim, is hy heer van lewe en dood; na wil en luim geef hy, skraal of ruim, verderf of lewensbrood. Uit gloeiende sfeer brand hy wreed op my neer tot my naaktheid kraak en skroei, en my koorsige asem in b?wende wasem al hygend my bors ontvloei. In sy skadetjie rond-om sy stam op die grond staat 'n eensame doringboom, soos die Stilte op haar troon, met dorings gekroon, wat roerloos die eeue verdroom. Geen drop vir die dors aan my stofdro? bors: my kinders versmag en beswyk, en die stowwe staan soos hul trek en gaan om my skrale dis te ontwyk. Soos 'n vlokkie skuim uit die sfere se ruim kom 'n wolkie aangesweef, maar hy groei in die blou tot 'n stapelbou van marmer wat krul en leef-- kolossaal monument op sy swart fondament, waar die bliksem in brul en beef. En o, met my is die windjies bly: hul spring uit die stof orent, en wals en draai in dwarrelswaai oor my vloer, van end tot end; die gras skud hul wakker om same te jakker tot hy opspring uit sy kooi, en soos mane en sterde van jaende perde sy stengels golf en gooi. Met dof-sware plof, soos koe?ls in die stof, kom die eerste druppels neer, tot dit ruis alom so deur die gebrom en gekraak van die donderweer. Met kloue vooruit om te gryp en buit jaag 'n haelwolk langs verby, soos 'n perde-kommande wat dreun oor die lande vertrap en g?sel hy-- en sy lyke-kleed sien ek ver en breed in die awendson gesprei. Stil in die duister l? 'k so en luister hoe die spruite gesels en lag; maar bowe die pak van my wolkedak het die maan al lank gewag: nou breek en skeur hy 'n baan daardeur om te deel in my vreug benede; hy sprei die waas van sy romig-blou gaas-- en ek lag so stil-tevrede. Plek op plek, soos die wolke trek, sweef die skaduwees onder mee, soos eilande wyd oor die waat're verspreid op die boesem van die grote see. Met 'n afskeidskus gaat die maan ook ter rus en ek wag op die daeraad-- so skoon en so mooi soos 'n fris jong nooi wat lag in haar bruidsgewaad. Oor die bulte se rug slaat die gloed in die lug van brande wat ver-weg kwyn, en doringbome fluister in die rooi skemerduister van gevare wat kom of verdwyn. Uit slote en plas, uit die geurende gras, styg 'n danklied op ten hemel; en dis net of ek hoor hoe die kriekies se koor weergalm uit die sterre-gewemel, waar w?relde gaan op hul stille baan tot die ende van ruimte en tyd. So, groots en klaar, staat Gods tempel daar, wyd--in sy majesteit. Die wilde bokke, wat in klompe wegtrek by groot droogte. DIE OSSEWA. Die osse stap aan deur die stowwe, geduldig, gedienstig, gedwee; die jukke, al drukkend hul skowwe-- hul dra dit getroos en tevree. En stille, al stuiwend en stampend, kom stadig die wa agterna-- die dowwe rooi stowwe, al dampend, tersy op die windjie gedra. Die middagson brand op die koppe, gebuk in hul beurende krag; hul swaai heen en weer in die stroppe-- en ver is die tog van die dag. Dit kraak deur die brekende brokke: die opdraans is ver en is swaar; dit knars in die knakkende knokke, maar hul beur, en die vrag bring hul daar. So, stom tot die stond van hul sterwe, blyf ieder 'n held van die daad-- Hul bene, na swoege en swerwe, l? ver op die velde verlaat..... TROU. Ek hou van 'n man wat sy man kan staan; ek hou van 'n arm wat 'n slag kan slaan, 'n oog wat nie wyk, wat 'n bars kan kyk; en 'n wil wat so vas soos 'n klipsteen staan! Vas soos 'n berg van grou graniet op vaderlands-grond, sy hartsgebied, aan haar getrou soos aan kind en vrou, en wat in haar ere ook syne siet. Ek hou van 'n man wat sy moeder eer in die taal uit haar vrome mond geleer, en die bastergeslag in sy siel verag wat, haar verstotend, hulself kleineer. Die oog wil ek sien wat 'n traan nog ween vir 'n heldegeslag, in hul rus daarheen, maar 'n blits van trou in die traan van rou, wat aan liefde weer gee, wat haar bron is ontleen. Vir my d' Afrikaner van durf en daad, wat Mammon's eer en loon versmaad, sy hoof en sy hand vir sy volk en sy land en 'n trap van sy voet vir laag verraad! O, ek hou van 'n man wat sy man kan staan; ek hou van 'n daad wat soos donder slaan, 'n oog wat nie wyk wat 'n bars kan kyk; en 'n wil wat so vas soos 'n klipsteen staan! DIE LAASTE AAND. Nog nie na bed! Wat 'n pret, wat 'n pret, met jurkies aan en voetjies bloot so met Pappie te rol en stoei en stoot! Ja, laat mag hul speel, het Mammie ges?, voor Pa hul vanaand in hul bedjie sal l?. Maar, verle? soek Breggie by Mammetjie skuil, vra soetjies aan haar waarom Paatjie tog huil? Nog nooit by hul speul'tjies het hy dit gedoen-- en so dikwels tot selfs die klein voetjies gesoen. Wyd oor huis en velde rus al lang die nag as so by die bedjies twee nog bid en wag, wakend tot die m?re-- wrede skeidings-dag. ,,Vader in U hoede l? ons hulle neer, gee ons eendag, Vader, aan mekander weer. Wil, Vader, oor ons huisie waak, dat leed nog honger dit genaak." Droom-verlore dotjies, rustend naas mekaar, hoor gebed nog klae, weet van geen gevaar, met ??n troos tevrede: moeder is nog daar, om die ogies moeg en vaak met haar soentjies toe te maak. En na 'n diepe suggie gaan die borsies teer so in stille sluimer stadig op en neer; handjies sag en roserooi bo die hofies opgegooi-- reine handjies, sonde-leeg, handjies waar geen las op weeg. DIE BRAND. Dit is die winterwind wat waai, al wenend deur die lange nag, al wenend om die verre dag; die twye swenk, die takke swaai-- dit is die winterwind wat waai. Hy sleep die sug van eeue mee uit dieptes van die diepe see, en waar vergane skepe rus op menig maan-gebleekte kus; hy sing van lang vergete wee,-- hy bring die sug van eeue mee. Hy kom oor velde ver en wyd, oor grafte in hul eensaamheid, waar moeders van hul sorge rus, waar kindersnikkies is gesus-- dit is die lied van d'eensaamheid, hy kom oor velde ver en wyd. ,,My ma, ek hoor van verre om 'n dreuning oor die velde kom!" ,,Dit is die bome in die wind, die wilgertakke kreun, my kind." ,,My ma, ek hoor my brakkie huil, wat sou daar kruip, wat sou daar skuil?" ,,My kind, die nag is koud en lang, die diertjie is alleen en bang." ,,My ma, dit dreun al in die rond soos perdehoewe op die grond; my ma, wat lig daar soos 'n vuur van buite op die kamer-muur? My ma, daar brand die koring-miet!"-- ,,My kind, die Heer Se wil geskied!" Is daar 'n beul so woes en wreed wat manne-eer en plig vergeet, met onskuld en met swakheid lag en uitdryf in die winternag? Is daar 'n hand wat nie ontsiet die liefste wat Gods aarde bied, die skoonste gawe uit Gods hand-- die vaderhuis in die vaderland? Dis heilig grond, dis heilig grond, die plekkie waar 'n wiegie stond en waar 'n jonge moeder bly haar kindjie se eerste skrede lei; waar sy die lippies, jong en teer, hul eerst' gebedjie het geleer, en waar sy lange nagte vaak vol angs en kommer het gewaak. 'n Stille vrede dra die plek waar, om die witte tafel-dek, die etens-ure so om haar die blonde koppies het vergaar. En uit herinn'rings bly verlee, vergange dae se soete wee, berg elke hoekie so sy deel; O wee, wie 'n hart die skat ontsteel! Daar staat 'n moeder met haar kind allenig in die winterwind-- en niemand wat haar trane siet, en niemand wat haar trooste bied. En wilde vlamme strooi dit wyd, die vrug van lange lewensvlyt-- in vonke deur die lug gesaai, in vonke wat die wind verwaai. Haar kindjie aan haar bors gevou beskut sy teen die winterkou-- die trane wat sy swyend ween, so op haar wang tot ys versteen. En winterwinde sing die lied van eensaamheid en stil verdriet; en sonder weerklank sterf die klag op wye velde in die nag, al sugtend deur die gras se saad-- en verre is die daeraad. Die twyge swenk, die takke swaai, dit is die winterwind wat waai.... DIE KAMPSUSTER. Suster Anna, ek voel dis die dood wat kom: slaat ope die tentdoek, na buitekant om, dat my o? vry oor die bulte gaan-- Suster Anna, ek hoor 'n kerkklok slaan. Ek hoor hoe die kindertjies roep vir my; van ons klompie moes ek nog die laaste bly. Kom neem tog my hand, soos jy dikwels doet-- ag, altyd was Suster vir ons so goed. My man, hy l? ver langs Toegela-stroom af, en niemand weet waar of hy rus in sy graf; ag Suster, en neem nou die Heer nog vir my, dan is Pieter allenig nog owergebly. Ek weet hy bly staan met sy roer in sy hand-- ja, trou tot die dood, vir sy volk en sy land; en mog dit so wees dat die Heer hom behoed, so bring hom tog, Suster, sy moeder haar groet. En s? vir hom, selfs op die donkere rand het jy vrese nog bewing gevoel aan haar hand; en dit was haar troos, dat haar Pieter sal hou aan sy God en sy land, aan sy ere en trou. Add to tbrJar First Page Next Page Prev Page |
Terms of Use Stock Market News! © gutenberg.org.in2025 All Rights reserved.